President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se ekonomiese herstelplan is ‘n suksesverhaal, omdat toekomsplanne duidelik uiteengesit is. Volgens hom het SA tans die sterkste ekonomie op die vasteland, en word daar selfs nog meer beleggings in die nabye toekoms verwag.

Intussen word daar ‘n noodoproep op die president gedoen vir onmiddellike ingryping om toenemende geweldsmisdaad in die land te stuit. Die leier van die DA, John Steenhuisen, bepleit daadwerklike optrede, veral rakende kindermoord en geslagsgebasseerde geweld. Steenhuisen sê president Ramaphosa se huidige model van polisiëring is onsuksesvol, en dat nuwe misdaadbekampingstrategieë dringend in plek gestel moet word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×