President Cyril Ramaphosa het die aanvalle op vragmotorbestuurders oor die naweek op die N3 veroordeel. Ramaphosa het gister met die media gesels ná die ANC se vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee. Ses vragmotors is Saterdagaand op die Van Reenenspas aan die brand gesteek nadat gewapende mans die vragmotorbestuurders uit die voertuie gedwing het.
Dit is nog nie duidelik wie agter dié aanvalle sit nie. Ramaphosa het gesê ondersoeke is aan die gang om diegene wat betrokke is, in hegtenis te neem.
INTUSSEN is nog vyf vragmoters gisteraand in Waterval Boven, amptelik bekend as Emgwenya, in Mpumalanga aan die brand gesteek. ʼn Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê hulle is steeds onseker oor die motief agter aanvalle op vragmotors. Twee voertuie het die vragmotors voor die Waterval Boven-tonnel gestop en dit aan die brand gesteek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×