Ramaphosa ‘verwelkom’ Marikana-hofuitspraak

President Cyril Ramaphosa het ‘n verpligting om Suid-Afrika teen ‘n oorlog met Rusland te beskerm luidens hofstukke waarin die DA die regering wil dwing om president Wladimir Poetin in hegtenis te neem sou hy by die Brics-beraad opdaag. Ramaphosa het die verklaring as vertroulik ingedien maar die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag beveel dat dit openbaar gemaak word, berig Netwerk 24. Ramaphosa het in die verklaring gesê Suid-Afrika het voor die hand liggende probleme om uitvoering te gee aan die versoek om Poetin te arresteer. Rusland het dit duidelik gemaak dat indien sy president in hegtenis geneem word, sal dit ‘n oorlogsverklaring wees. Dit sou nie in ooreenstemming met die Grondwet wees om die risiko te loop om in ‘n oorlog met Rusland betrokke te raak nie. Ramaphosa het verder gesê hy het konstitusionele verpligtings om die nasionale soewereiniteit, vrede en veiligheid van die Republiek te beskerm. Die Brics-beraad vind in Augustus plaas en dit is nog nie seker of Poetin sy verskyning gaan maak nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×