Die Gautengse Departement van Onderwys het die die hoof van Pretoria Hoërskool vir Meisies, Phillipa Erasmus, aan wangedrag skuldig bevind.

Die bevindinge oor rassismebewerings by die skool is deur die LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, bekend gemaak.

‘n Ondersoek is genoodsaak nadat 12 leerlinge ’n WhatsApp-groep vir wit leerlinge geskep het waar hulle na bewering onsensitiewe boodskappe met rasse-ondertone gedeel het.

Volgens die verslag dui dat aan dat die skoolhoof geen stappe geneem het nadat sy verlede jaar klagtes oor rassisme-voorvalle ontvang het nie.

Die direkteur van Mdladlamba-prokureurs, Charles Mdladlamba, sê die skoolhoof het die rassisme-klagtes van swart leerlinge verkeerd hanteer en het versuim om haar verpligtinge ingevolge die land se standaard vir skoolhoofde na te kom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×