‘n Rooms-Katolieke priester van Tzaneen is in ‘n kerk in Aquerpark doodgeskiet.

Volgens die polisiediens in Limpopo, is die priester twee keer in die kop geskiet, voordat die verdagte op die vlug geslaan het. Die motief is onbekend, en niemand is tot dusver in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Polisiewoordvoerder, kolonel Malesela Ledwaba, bestempel die moord op die priester as uiters skokkend en betreurenswaarding.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×