Mangosuthu Buthelezi was ‘n ware vriend van die Afrikaner en ‘n waardige man het die oud-politikus, Koos van der Merwe, Vrydag tydens ‘n gedenkdiens by die Voortrekkermonument gesê. Ds. Cassie Aucamp, oud-politikus en VTM-direksielid, het tydens sy boodskap gesê Buthelezi het altyd die kwaad met die goeie oorwin. Buthelezi het ‘n goeie verhouding met Afrikaners gehad en versoening bevorder en die las van die verlede afgegooi, het hy aan Netwerk 24 gesê. Dr. Danie Langner, van die VTM het gesê die geskiedenis van die Afrikaner en die Zoeloes is sterk deurweef en dat die prins ook die enigste Zoeloe-leier was wat om verskoning gevra het vir Dingaan se moord op die Voortrekkerleier Piet Retief en die slagting van vroue en babas by Bloukransrivier.