Prins Harry, die hertog van Sussex is darem ‘n 45 minute besoek aan sy pa, koning Charles III toegestaan kort nadat die nuus van die koning se kankerdiagnose bekend geword het. Harry het sy pa Dinsdag by Clarence Huis besoek en die aand in ‘n spoggerige Londense hotel oornag.
Hy het gistermiddag weer teruggevlieg na sy tuiste in Los Angeles. The Independent berig die koning en koningin Camilla is kort na Harry se besoek na Sandringham waar hy sal rus nadat hy sy eerste behandeling vir kanker gekry het.