Die stigter en voormalige leier van die IVP, Prins Mangosuthu Buthelezi, word op Vrydag 15 September ter ruste gelê. Die 95-jarige is Saterdagoggend dood. Die KwaZulu-Natalse provinsiale regering het dit bevestig en sê die aankondiging is deur die Buthelezi-familie gemaak ná ‘n vergadering met hulle gistermiddag. Die provinsie wag ook vir president Cyril Ramphosa om die begrafniskategorie te bepaal wat Buthelezi toegestaan sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×