Prins William het in ‘n Twitter-plasing hulde gebring aan die wildbewaarder, Anton Mzimba, wie Dinsdag doodgeskiet is. Mzimba was die hoofveldwagter van die Timbavati Private Natuurreservaat in die Hoedspruit-omgewing in Limpopo. Bewaringsgroepe meen die aanval op hom hou moontlik met sy bewaringswerk verband. In sy plasing sê prins William dat hy baie hartseer is oor Mzimba se dood. Die twee het mekaar verlede November op Zoom ontmoet. Die prins het sy hoop uitgespreek dat die polisie spoedig sal optree om die moordenaar vas te trek. Hy het ook sy medelye met Mzimba se familie betoon. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×