Prins William van Brittanje het in ‘n seldsame verklaring oor die oorlog tussen Israel en Hamas gesê te veel mense is reeds dood. Hy het ‘n beroep gedoen dat die gevegte so gou as moontlik tot ‘n einde kom.

Sky News berig die prins het gesê hy klou aan die hoop dat ‘n helderder toekoms gevind kan word. Hy bly bekommerd oor die verskriklike menslike koste van die konflik sedert Hamas se aanval op 7 Oktober verlede jaar. Die prins het gesê daar is ‘n dringende behoefte vir humanitêre hulp in Gaza asook die vrylating van die gyselaars. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×