Catherine, die prinses van Wallis, het die afgelope naweek ‘n plaaswinkel besoek en lyk asof sy goed na haar buikoperasie herstel. Dit ondanks gerugte dat sy steeds baie siek is nadat ‘n geredigeerde foto van haar en haar kinders ‘n week gelede uitgereik is.
Beeldmateriaal wat eksklusief aan The Sun verskaf is, wys ‘n ontspanne Kate en haar man, prins William, wat by een van hul gunsteling plekke, The Windsor Farm Shop, inkopies gedoen het. Sy was informeel geklee en het haar eie inkopiesakke gedra. Kate hervat haar amptelike verpligtinge na die Paasnaweek.