Privaat operateurs met toegang tot opsporingstegnologie deur MTN en Vodacom afgesny

 Privaat operateurs met toegang tot opsporingstegnologie deur MTN en Vodacom afgesny

Die netwerk-reuse, MTN en Vodacom, het aangekondig dat dat hulle bande verbreek met privaat operateurs wat toegang het tot selfoon-opsporingstegnologie. Dit volg na die onlangse moord op die Wes-Kaapse polisiebeampte, Charl Kinnear, waarin die ongebreidelde misbruik van die tegnologie ongemerk verbygegaan het. Sy moordenaars het vermoedelik sy bewegings in die maande voor sy dood deur sy selfoon dopgehou. Kenners in die sekuriteitsbedryf waarsku egter dat dié stap deur netwerk-maatskappye ernstige gevolge kan inhou vir die stryd teen misdaad en die opsporing van regte misdadigers.

Gerdie Karstens