Privaat spoorvervoer in Suid-Afrika het skielik ’n werklikheid geword nadat Transnet op 20 Desember 2024 sy finale Spoorwegbeleid gepubliseer het.

News24 berig hierdie beleid het die deure oopgemaak vir privaat operateurs om Transnet se uitgebreide netwerk te gebruik.

Transnet se agteruitgang in spoorvervoer het Suid-Afrikaanse uitvoere nadelig geraak, met minerale en ander belangrike kommoditeite wat in die land vasgekeer bly.

Die netwerkbeleid stel die raamwerk vir privaat deelname aan spoorvervoer vas.

Tariewe vir privaat operateurs was voorheen ’n knelpunt, maar die goedgekeurde dokument bevat nou ‘n gedifferensieerde tariefstruktuur.

Hierdie struktuur moedig doeltreffende benutting van spoorwegkapasiteit aan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×