Build One South Africa (Bosa) is gekant teen private steunwerwingspogings wat na bewering president Cyril Ramaphosa se besluit beïnvloed het om die ondertekening van dele van die Bela-wetsontwerp uit te stel.
AfriForum en Solidariteit word daarvan beskuldig dat hulle politieke verbintenisse gebruik om kritieke dele van die wetsontwerp te stuit, veral dié oor taal- en toelatingsbeleide.
Bosa se Nobuntu Hlazo Webster meen hierdie beleide het ten doel om insluiting in onderwys te bevorder en voer aan dat sulke steunwerwing openbare deelname ondermyn en nie met die wetgewende proses moet inmeng nie.