Wêreld-wyd eis derduisende pro-Palestynse betogers dat Israel onmiddellik die wapens moet neerlê in sy oorlog teen Hamas.
Een van die grootste pro-Palestynse betogings in die geskiedenis van Amerika, is die afgelope naweek in die hoofstad, Washington DC gehou.
Die Al Jazeera-nuusagentskap berig tienduisende mense het hier saamgedrom, in opstand teen die Amerikaanse regering se steun vir Israel.
Sekere Amerikaners sê selfs dat president Joe Biden persoonlik aanspreeklik is vir die dood van duisende Palestynse burgers.