Pro-Palestynse betogings het gister in Parys, Lille, Bordeux en ander stede uitgebreek ondanks ‘n verbod van die Franse regering wat sulke onwettige samekomste verbied. Die BBC berig die polisie het traangas en waterkanonne in Parys gebruik om pro-Palestynse betogers uiteen te jaag. Die Franse minister van binnelandse sake, Gerald Darmanin, het gesê diegene wat die polisie uitdaag, moet in hegtenis geneem word. Tien mense is tydens ‘n saamtrek van sowat 3000 betogers in hegtenis geneem wat vlae en slagspreuke teen Israel rondgeswaai het. Tien mense is ook by Lille in hegtenis geneem. President Emmanuel Macron het mense gevra om nie interne verdeeldheid aan te wakker nie. Frankryk is vanjaar deur erge betogings getref toe die seun van ‘n Afrika immigrant by ‘n polisie padblokkade doodgeskiet is. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×