Verskeie ondernemings is vandag vir ure lamgelê toe alle Microsoft-toepassings net na half een in duie gestort het. Teen kort voor vieruur vanmiddag was alle dienste nog nie heeltemal herstel nie of dit was baie stadig.

Netwerk 24 berig Seacom, eienaar van die Wes-Afrika-kabelstelsel, of Wacs, waarop Suid-Afrika grootliks staatmaak, het in ‘n verklaring gesê probleme het reeds sedert half-elf vanoggend begin. Internetverkeer is herlei, maar Seacom sê data wat van Mosambiek en die hele Suid-Afrika gestuur word, sal vertraag word indien die alternatiewe weë probleme gee.

Microsoft het om half-vier op X bevestig dat veelvuldige veselkabels wat versoeke na en van Afrika behartig, verswak is. Vodacom het op X gesê baie kliënte ervaar van tyd tot tyd verbindingsprobleme weens foute met ondersese kabels wat Suid-Afrika se netwerkverskaffers raak. Microsoft was ook af in Brittanje en Indië.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×