Sekere woongebiede in Bloemfontein wat sedert gisteraand nie water gehad het nie, sal spoedig weer water hê nadat die Mangaung Metro oornag aan die probleem aandag geskenk het. Die woordvoerder van die Mangaung metro munisipaliteit, Qondile Khedama, het gesê probleme is met die hooftoevoer vanaf Maselspoort se watersuiweringsaanleg ondervind en krake is herstel.

Woonbuurtes wat geraak word, sluit die noordelike woongebiede, die middestad en Universitas in. Die suidelike woonbuurtes het ‘n lae waterdruk as gevolg van troebelheid in die Welbedacht-dam wat ‘n vermindering van water na die reservoirs tot gevolg het. Khedama het gesê die metro sal inwoners op hoogte hou van enige verwikkelinge.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×