‘n Proeflopie vir ‘n werk-week van slegs vier dae, is onlangs in Suid-Afrika afgehandel.
Altesaam sewe-en-twintig maatskappye het hieraan deelgeneem, en News24 het die uitslag ontleed.
Deelnemende organisasies het deur die bank ‘n beduidende verhoging in produktiwiteit getoon. In meeste gevalle het weknemers daarin geslaag om dieselfde volume
werk in die verkorte werk-week af te handel.
By sommige ondernemings het personeel selfs produktiwiteitsvlakke van ‘n tradisionele 5-dag werk-week oortref. Benewens talle ander faktore, blyk dit personeel het in baie gevalle harder gewerk, om te verseker hulle 4-dag week is hier om te bly.