Prof Thuli Madonsela, voormalige Openbare Berskermer en tans direkteur van die sentrum vir sosiale geregtigheid by die fakulteit regsgeleerdheid aan die Universiteit Stellenbosch, of US, is aangestel as ‘n eksterne lid van die Verenigde Nasie, of VN, se wetenskaplike raad vir onafhanklike advies oor deurbrake in wetenskap en tegnologie. Die US het in ‘n verklaring gesê die gesogte aanstelling dui op erkenning vir Madonsela se buitengewone bydrae tot sosiale geregtigheid, konstitusionalisme, menseregte, goeie bestuur en oppergesag van die reg. Die aanstelling is gemaak om die rol van die VN as ‘n betroubare bron van data en wetenskaplike praktyke te versterk. As Openbare Beskermer het Madonsela groot agting onder alle groeperinge en politieke partye in die land gehad.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×