Prof. Matie Hoffman en sy vrou, dr. Lyzette, sterk aan nadat hulle Covid 19 opgedoen het

Die Bloemfonteinse sterrekundige en lid van Rosestad 100.6 FM se trustees, prof. Matie Hoffman en sy vrou, dr. Lyzette, sterk tuis aan nadat hulle die koronavirus opgedoen het.
Netwerk24 berig dat Hoffman, ’n dosent in die departement fisika aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) en bestuurder van die Naval Hill-planetarium in Bloemfontein, pap voel, maar darem nie benoudheid ervaar nie. Hoffman het aan
Netwerk24 gesê hy weet nie waar hulle die virus opgedoen het nie en dat hulle alle Covid-19-protokol soos om hande te was, maskers te dra en ’n gesonde afstand te handhaaf, toegepas het.
Rosestad 100.6 FM se bestuur en personeel wens die Hoffmans sterkte en ‘n spoedige herstel toe.

Luister na potgooie hieronder