Die prokureur wat tydens die Senzo Meyiwa-moordverhoor in die hof in hegtenis geneem is, sê hy oorweeg dit om regstappe teen die minister van polisie, Bheki Cele, en die polisie te neem.

Advokaat Malesela Teffo is ‘n paar weke gelede in die Johannesburgse landdroshof gearresteer nadat hy versuim het om in dieselfde hof op verskillende aanklagte te verskyn.

Dit het later aan die lig gekom dat die Nasionale Vervolgingsgesag gekant was dat die lasbrief van inhegtenisneming uitgevoer word terwyl hy vier van die vyf verdagtes in die verhoor verteenwoordig het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×