Proteas lyk slaggereed om die Iere in Dublin te pak

Na die Proteas se goeie vertoning Vrydag in die laaste eendag wedstryd teen Ierland waar hulle met 70 lopies gewen het, lyk die span slaggereed om die Iere in die eerste van drie T-20 wedstryde vandag in Dublin te pak.

Volgens die Protea hulpafrigter Enoch Nkwe beskik Suid-Afrika oor ‘n goeie aanvangkombinasie tussen Temba Bavuma en Quinton De Kock en na alle waarskynlikheid sal diè twee die groenlig kry in die T-20 reeks.

Verder het Mark Boucher, die hoofafrigter van die span, bygevoeg dat Janneman Malan skitterend bo-aan die koflys vertoon en ‘n lekker kopseer nou aan die spanbestuur bied rondom spankeuses.

Volgens die afrigters bly die doodsnik boul- en kolfwerk ‘n bekommernis en is iets waaraan tans baie aandag gegee word.

Die wedstryd begin vanmiddag om 5-uur Suid-Afrikaanse Tyd.

Luister na potgooie hieronder