Krieket Suid-Afrika, of KSA, kan moontlik sy ras-teikens streng begin toepas dat daar teen 2030 slegs plek sal wees vir vier wit spelers of selfs minder in die Protea-elftalle. Dié teikens is reeds in ‘n dokument uiteengesit wat in April 2022 deur KSA versprei is, en KSA het vandeesweek aan Netwerk 24 bevestig dat dit steeds geldig is. Enoch Nkwe, KSA se direkteur van krieket, het egter aan Netwerk 24 gesê belowende jong wit spelers moet die afgeskrik word deur die stygende teikens nie. Protea spanne moet tans 52% generies swart spelers bevat en 24% swart Afrikane per elftal. Die teikens sal jaarliks toeneem totdat spanne in 2030 uit 60% generies swart spelers bestaan en 36% swart Afrikane. Dit kom neer op 7 swart spelers en 4 etniese swart spelers per span oor alle formate van die spel. Spanne wat nie aan die teikens voldoen nie, kan deur KSA gestraf word.     

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×