Protesoptrede het deur die nag in Nelson Mandelarylaan naby Bloemgate in Bloemfontein gewoed. Herman Lombaard van NCA het gesê Donderdagaand se oproerigheid het glo ontstaan nadat die watertoevoer na die sogenaamde witwoonstelle skynbaar onderbreek is. ‘n Groep mense het die pad met klippe versper, vullisdromme omgekeer en vullis aan die brand gesteek. Die Suid-Afrikaanse polisiediens en sekuriteitsmaatskappye hou steeds Donderdagoggend ‘n wakende oog oor die gebied. Mense word gewaarsku dat daar glasstukke oor die pad gestrooi is in die omgewing van die Kovsie-kerk en word aangeraai om waar moontlik, alternatiewe roetes te gebruik. Lombaard het die samewerking van die polisiediens, private sekuriteitsondernemings en rolspelers uit die gemeenskap geloof vir hul hulp om die protesaksie in bedwang te bring.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×