Die Mangaung Concerned Community-groep doen ‘n beroep op inwoners van veral Rocklands, Phelindaba en Phahameng, om Bloemfontein Woensdag tot stilstand te dwing.

Die doel van die voorgenome protesoptrede is skynbaar om eer te betoon aan die ontslape Siegel Pieterse.

Die 14-jarige Pieterse is op 17 Mei 2021 ten tyde van gewelddadige betogings weens swak dienslewering in die metro dood.

Mense word gevra om teen tienuur Woensdagoggend by die Paradise-saal byeen te kom, voordat hulle ‘n opmars sal hou na die huis waar die oorledene gewoon het.

Bloemfonteiners word gemaan om te alle tye waaksaam te wees, en om die omgewing van die opmars liefs te vermy.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×