Die provinsiale regering in die Vrystaat is straf oor die kole gehaal weens ‘n groot aantal dorpe wat jare reeds onaanvaarbare waternood ervaar.

Luidens Netwerk24 sê Jafta Mokoena, DA-wetgewerlid, dat inwoners van Mashaeng by Fouriesburg in 2009 laas ononderbroke watertoevoer gehad het.

Hier vloei water daagliks slegs soggens van vyfuur tot agtuur uit inwoners se krane. Armand Cloete, wetgewerlid van die VF Plus, het genoem dat Winburg en Brandfort tot die afgelop naweek onderskeidelik agt en elf dae sonder water was.

‘n Sekere deel van Theunissen het volgens hom in ‘n stadium vir langer as twee maande geen water gehad nie.

Nog van die Vrystaatse dorpe waar inwoners min of geen watertoevoer het nie, sluit die volgende in: Trompsburg, Gariepdam-dorp, Springfontein, Jagersfontein, Bethulie, Edenburg, Fauresmith, Reddersburg en Philippolis.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×