Vrystaat ProvJOINTS het met kommer kennis geneem van die sirkulasie van stemnotas wat beweer dat sekere groepe binne die Mangaung gemeenskap betrokke is by die vergiftiging van watervoorrade.

Volgens ProvJOINTS-woordvoerder, Motantsi Makhele, het sulke ernstige ongegronde bewerings die potensiaal om paniek te skep en ongeregverdigde spanning en geweld aan te blaas. Hulle voeg by dat enige inligting of vermoedens oor moontlike kriminele aktiwiteite, insluitend waterbesoedeling, direk aan wetstoepassers gerapporteer moet word, aangesien die benadering voorsiening maak vir ‘n deeglike en bewysgebaseerde ondersoek.

Vrystaat ProvJOINTS het reeds hulpbronne ingespan om hierdie bewerings te ondersoek, en sou daar vasgestel word dat dit onverantwoordelik en sonder stawende feite gemaak is, kan die verantwoordelike regsgevolge in die gesig staar. Die gemeenskap word aangemoedig om met inligting oor hierdie bewerings vorentoe te tree en saam met die polisie te werk om die veiligheid en welstand van gemeenskappe te verseker.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×