Verbruikers sal hulle moet gereedmaak vir ‘n moontlike styging in pryse van pluimvee oor die feestyd en vroeg in die nuwe jaar, het die vereniging van vleisinvoerders en -uitvoerders van Suider-Afrika, of AMIE, gewaarsku. Dit is glo weens die uitwerking van die tekorte wat veroorsaak is deur die voëlgriep-uitbreking asook die regering se versuim om betyds ‘n korting op invoertariewe en ander noodmaatreëls daar te stel. Paul Matthew, uitvoerende hoof van AMIE, het aan Maroela Media gesê die prysstygings is onvermydelik, tensy die regering dadelik ingryp. Hierdie prysstygings is nog nie op die rakke gesien nie omdat dit ingevoerde produkte raak wat nog nie op die mark is nie.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×