Die Mededingingskommissie het Donderdag toegeslaan op die persele van agt langtermyn versekeringsmaatskappye wat van prysvasstelling verdink word. Die soek- en beslagleggingsoperasies het plaasgevind by die kantore van BrightRock, Discovery, FMI – wat ‘n afdeling van Bidvest Life is, Hollard, Momentum, Old Mutual Insure Limited, die Professional Provident Society en Sanlam. Die kommissie beweer daar is redelike gronde om te glo die maatskappye is vermoedelik betrokke by samespanningspraktyke om pryse of handelsvoorwaardes vas te stel ten opsigte van fooie vir sekere produkte. Die kommissie sal beslag lê op dokumente en elektroniese data om te bepaal of dié firmas die Mededingingswet oortree.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×