Die liggame van twee mans is in ’n rivier by Oranjeville in die Vrystaat gevind. Die polisie het in ’n mediaverklaring die publiek se hulp gevra om die twee te identifiseer.

Die liggame is in ’n gevorderde stadium van ontbinding en word geskat om tussen 40 en 55 jaar oud te wees. Hul hande was geboei, terwyl hul voete met kabelbinders vasgemaak was.

Herkenbare tatoeëermerke is op beide liggame gevind. Op die een se rug staan “Billie 08/06/2016,” en op die ander een se regterkuit is ’n brandende kruis met die woord “Kauthew” op sy linkerhand.

Enigiemand wat inligting het oor die identiteit van die slagoffers of moontlike verdagtes in die moord, word aangemoedig om speurkolonel Ben Bolsiek by 0824668530 te kontak, die Polisie se Misdaadlyn by 0860 010111 te skakel, of ’n anonieme wenk op die MySaps-toepassing te gee.

2 Comments

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×