Die Departement van Water en Sanitasie begin eersdaags regoor die land met ‘n reeks openbare konsultasies.

Die sessies sal aan die publiek die geleentheid gee om insette te lewer oor die voorgsetelde wysigings van die Nasionale Waterwet asook die Wet op Waterdienste. Die departement sê hy moedig alle rolspelers en belanghebbendes aan om kommentaar te lewer.

Departementele woordvoerder, Wisane Mavasa sê Watertoewysing, toegang tot water, die gebruik van water en ook sanitasie, is sekere aspekte wat aandag sal geniet. Die eerste konsultasiesessie word aanstaande week in die Noord-Kaap aangebied.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×