Pule Mabe het bevestig dat die MKMVA woordvoerder Carl Niehaus geskors is.

Die ANC woordvoerder, Pule Mabe, het bevestig dat die MKMVA woordvoerder, Carl Niehaus, geskors is.
Dit kom nadat die kennisgewing van die skorsing aan die media uitgelek is.
Luidens berigte is Niehaus uit sy pos, in die kantoor van die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, geskors, weens die feit dat hy die adjunk sekretaris-generaal, Jessie Duarte, in ‘n persoonlike verklaring aangeval het.
In sy verklaring het Niehaus klaarblyklik Duarte skerp gekritiseer.
Niehaus is vandag in ‘n brief ingelig dat hy geskors is tot ‘n tugverhoor kan plaasvind.
Verdere inligting dui daarop dat Niehaus met volle betaling geskors is.
Die ANC weier om verdere besonderhede oor die skorsing te verskaf.

Luister na potgooie hieronder