Rusland se president Vladimir Putin, sê hy sal sorg dat verskeie Afrika-lande, voor die einde van die jaar, ‘n gesamentlike 200 000 ton graan van Rusland ontvang.

Die graan word alom gesien as ‘n omkopery deur Putin om sy bondgenoot-verhoudings met Afrika-lande te versterk.

Die graan-geskenke, wat Putin reeds, in Julie vanjaar beloof het, word glo binne etlike dae op die Moeder-kontinent versprei. Somalië en Burkina Faso is gloskynbaar bo-aan die lys.

Zimbabwe, Mali en Eritrea sal volg. Die lande sal elk tussen 25 000 en 50 000 ton graan persent kry.

Dit verteenwoordig ‘n baie klein persentasie van die lande se graanverbruik.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×