President Vladimir Putin sê dat Rusland die Verenigde State se voorstel vir ’n wapenstilstand in Oekraïne in beginsel ondersteun, maar dat enige skikkingsvoorstel die oorsake van die konflik moet aanspreek.
Reuters berig hy het beklemtoon dat daar baie besonderhede is wat opgelos moet word.
Putin het Donderdag in die Kremlin in Rusland gesê hy stem saam met die idee om vyandighede te stop, maar dat dit die oorspronklike oorsake van die krisis moet uitskakel en langtermynvrede moet bewerkstellig.
Hy het verskeie kwessies genoem wat duidelikheid benodig, soos die risiko dat Oekraïne die stilstand net sal gebruik om hul troepe te hergroepeer.
Trump het Putin se uitspraak as veelsbelowend beskryf en gesê hy hoop dat Moskou die regte ding sal doen.