Lekkers wat ‘n potensieel dodelike dosis metamfetamien – ook bekend as Tik – bevat, is as deel van ‘n kospakkie deur Auckland City Mission in Nieu-Seeland versprei.
Die lekkers wat annonien geskenk is, en by ‘n teen-armoede-liefdadigheids-organiesasie uitgedeel is, kan soveel as 400 mense affekteer. Minstens drie mense, insluitend ‘n kind, het mediese behandeling ontvang nadat hulle die pynappelgegeurde lekkers geëet het.
Die Nieu-Seelandse polisie is tans besig met ‘n kriminele ondersoek om die bron van die lekkers op te spoor.