Qatar Airways het ‘n belang van 25% in die plaaslike lugredery, Airlink, gekoop. Business Tech berig dit is deel van sy planne om bedrywighede verder regoor Afrika uit te brei.
Qatar Airways sê die belegging sal die vennootskap tussen die twee lugrederye verbeter. Hy het bygevoeg dat die verkryging ‘n belangrike deel van sy Afrika-uitbreiding vorm.