Qubudile Dyanyi is verkies as voorsitter van die ad hoc-komitee wat ondersoek sal doen oor Busisiwe Mkhwebane

Die ANC parlementslid, Qubudile Dyanyi, is verkies as voorsitter van die ad hoc-komitee wat ondersoek sal doen oor Busisiwe Mkhwebane se geskiktheid vir die pos van openbare beskermer.

Die komitee, wat bestaan uit 36 lede van die onderskeie partye in die Nasionale Vergadering, is ingevolge die bepalings van die grondwet op die been gebring Luidens berigte het elke lid gelyke stemreg in dié komitee.

Dyanyi het intussen ‘n beroep op komiteelede gedoen om hul daartoe te verbind om feite te beoordeel, en nie vooropgestelde gevolgtrekkings te maak nie.

Luister na potgooie hieronder