Suid-Afrika verloor jaarliks meer as 94,28 miljard liter water met ‘n waarde van meer as R1,1 miljard deur gebarste pype. Dit is water wat gevolglik lek. Volgens Netwerk 24 het die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, dit geantwoord op ‘n vraag van Beyers Smit, DA-LP van Limpopo en lid van die nasionale raad vir provinsies, oor die stand van waterpypleidings in die land. Mcunu het gesê Randwater verloor die meeste, 78,913 miljard liter, as gevolg van gebarste pype en lekke. Die waarde van die water is R878 miljoen. Smith het gesê dit is ‘n skande dat soveel skoon water uit Suid-Afrika se skoon pypleidings lek, terwyl daar gemeenskappe in die land is wat vir dae en soms weke nie water het nie. Inwoners in veral landelike gebiede moet vir hulself en hul diere in rivierbeddings vir water grawe, terwyl waterrade en plaaslike owerhede toelaat dat infrastruktuur verbrokkel, bars en breek en water daardeur verlore gaan. Smit het gesê die verlore water word deesdae op die rekening van gewone Suid-Afrikaanse burgers geplaas.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×