Die opknapping van die kragnetwerk om bykomende alternatiewe kragbronne te
kan hanteer, sal sowat R210 mijard beloop. Dit is ook die koste om twee
steenkoolkragstasies te bou. Netwerk 24 berig die minister van elektrisiteit, Dr.
Kgosientsho Ramokgopa, het Sondag tydens ‘n virtuele sessie van die Nasionale
Energiekrisis-komitee gesê dit is noodsaaklik om die hele kragnetwerk op te knap
sodat dit bykomende kapasiteit kan skep vir kragtoevoer van alternatiewe bronne
soos windkrag en sonpanele. Ramokgopa het bygevoeg Eskom sal na die private
sektor moet gaan vir finansiering aangesien die nutsmaatskappy nie skuld mag
aangaan nie. Hy het die versekering gegee dat die kragnetwerk ferm in die staat se
hande sal bly

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×