Suid-Afrika het R50-miljoen se humanitêre hulpverlening vir Gasa beloof. Dit is deur die minister van Justisie, Ronald Lamola, aangekondig.

Lamola het vroeër by ‘n humanitêre hulpkonferensie in Jordanië gepraat.

Hy sê die geld sal deur die Verenigde Nasies se hulp- en werkagentskap vir Palestynse vlugtelinge in die Nabye Ooste gestuur word. Lamola het bygevoeg dat Israel nie kan voortgaan om bo internasionale reg op te tree nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×