Talle dorpe in die Vrystaat gaan gereeld gebuk onder waterprobleme waar krane vir weke dolleeg is. Dit het reeds tot talle betogings gelei waar paaie versper en bande aan die brand gesteek is. Vryheidsfront Plus-LPW, Armand Cloete, het Donderdag in ‘n ledeverklaring aan die wetgewer gesê daar is in die 2021/2022 boekjaar R900 miljoen se skoon drinkwater weens verouderde infrastruktuur vermors. Netwerk 24 berig Cloete het gesê jare se verwaarloosing van infrastruktuur is nou besig om die ANC in te haal en wanneer R62 miljoen se vrugtelose en vermorste uitgawes deur die munisipaliteite hierby gevoeg, word, raak ‘n algehele ineenstorting van plaaslike regering in die Vrystaat ‘n al hoe groter moontlikheid.