Die Nasionale Raad van Provinsies het die Wetsontwerp op die gebruik van cannabis vir privaatdoeleindes aanvaar.
Die Konstitusionele Hof het vroeër reeds twee uitsprake gelewer wat betrekking op die gebruik van dagga in Suid-Afrika het. Kragtens een van die Hof se uitsprake, word volwassenes toegelaat om dagga vir persoonlike gebruik te besit, en ook om dit vir hierdie rede te kweek. In sy ander uitspraak vra die Hof vir die beskerming van kinders teen die gebruik van dwelmmiddels, asook teen blootstelling daaraan.
Die Nasionale Raad van Provinsies sê die Wetsontwerp gee beslis nie aan kinders die reg om dagga te besit, of om dit te gebruik nie. Die Wetsontwerp word nou vir
bekragtiging na president Cyril Ramaphosa gestuur.