Raadslede gaan Woensdag weer oor die Mangaung-metro se begroting stem. Dit volg nadat die metro-begroting vir die 2022 en 23 boekjaar onwettig goedgekeur is. Rosestad-nuus het vroeër berig dat luidens ‘n regsmening die helfte plus een van die raadslede ten gunste van die begroting moes stem om dit te wettig. Dit sou beteken dat minstens 51 van die 101 raadslede ten gunste van die begroting moes stem. Ten tyde van die begrotingsvergadering verlede Vrydag, het 45 raadslede daarvoor gestem, met 37 stemme daarteen, maar die speaker, Stefani Lockman-Naidoo, het egter nagelaat om aan te dui hoeveel van die raadslede buite stemming gebly het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×