Kapenaars was gisteraand nog aan die raai wat die oorsaak was van iets wat soos ‘n aardskudding gevoel en geklink het. Inwoners aan die Atlantiese kusgebied was veral bewus van die aardse dreuning. Volgens die Volcano Discovery-webtuiste wat seismiese aktiwiteit meet, het ‘n skudding glo op ‘n diepte van 10km aan die Kaapse Weskus plaasgevind.

Netwerk 24 berig wat ookal om halfses gebeur het, was volgens die Raad vir Geowetenskap, of GCS, beslis nie ‘n aardskudding nie. Mahlatse Mononela, woordvoerder van die GCS, het gesê daar is geen rekord op die stelsels van enige seismiese aktiwiteite in en om Kaapstad nie. Inwoners van Milnerton, Tafelsig, Blouberg en Goodwood asook Weskus-dorpe, het op Facebook gesê dat hulle ‘n harde geluid en vibrasies gevoel het. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×