Radio Rosestad sal Woensdagoggend finaal afskeid neem van sy tweede sportkenner wat in die afgelope drie weke oorlede is

 Radio Rosestad sal Woensdagoggend finaal afskeid neem van sy tweede sportkenner wat in die afgelope drie weke oorlede is

Radio Rosestad sal Woensdagoggend finaal afskeid neem van sy tweede sportkenner wat in die afgelope drie weke oorlede is.

Stephan Cloete, wat op Radio Rosestad en ook op ander stasies soos RSG bekend was vir sy sportkommentaar, is verlede week na afloop van ‘n tydperk in die hospitaal aan diabetes-verwante oorsake oorlede.

Sy skielike dood volg skaars drie weke nadat die alombekende Abrie de Vos ook ter ruste gelê is.

Stephan se gedenkdiens vind om 11-uur plaas vanuit die NG Kerk Fauna en sal regstreeks op Radio Rosestad se Facebook-blad gebeeldsend word.

LeandreAdmin@