Die bekende radio- en televisiepersoonlikheid Darren Scott het kanker, en sy toestand het versleg.

The Herald berig hy het verlede jaar na Suid-Afrika teruggekeer nadat hy in Amerika gewoon het.

Hy het reeds 38 jaar teen melanoom gestry en ondergaan nou verdere behandeling.

Scott het in 2022 na die VSA gegaan, waar hy toegang tot mediese behandeling gehad het, maar sedert sy terugkeer het hy nie meer mediese dekking nie.

Die gemeenskapstasie Hot 102.7 FM in Johannesburg, waar hy deesdae werk, ondersteun hom, en die stasie se besturende direkteur, Lloyd Madurai, sê hulle bid vir sy herstel en sal hom aanhou bystaan in sy stryd teen die siekte.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×