President Cyril Ramaphosa het vandag vrae in die Nasionale Raad vir Provinsies beantwoord en gesê nog ‘n toelaag vir armes word oorweeg. Volgens die president is die toelae van R350 wat tydens die Covid-19 pandemie ingestel is, een van die grootste prestasies van die demokratiese regering. Hy het gesê dit het miljoene Suid-Afrikaners uit armoede tot bo die broodlyn opgehef in ‘n tyd van groot ekonomiese ontwrigting weens Covid-19. Hy het gesê die toelae sal geld tot Maart 2024. Ramaphosa het gesê die regering kyk na verskillende opsies, insluitend die moontlike instelling van ‘n basiese inkomstetoelae. Hy het gesê maatskaplike toelaes ondersteun groei en verbeter maatskaplike stabiliteit. Ramaphosa gaan ook vrae beantwoord oor die impak van beurtkrag op dienslewering, die nuwe kabinet, hoe Suid-Afrika van die gryslys gaan afkom en die township-ekonomie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×