Talle politieke partye het gister Menseregtedag in Sharpeville gevier ter herdenking van die Sharpeville-slagting. President Cyril Ramaphosa het gistermiddag sy amptelike
toespraak by die George Thabe-stadion gehou.

Hy het gesê hoewel die land ver gevorder het in die 64 jaar sedert die slagting, was die reis nog lank nie voltooi nie. Hy sê die regte waarvoor die inwoners van Sharpeville geveg het, die regte wat nou in ons Grondwet is, moet nog vir alle Suid-Afrikaners ten volle verwesenlik word.

Die president het ook besin oor 30 jaar van vryheid en gesê daar moet meer verdraagsaamheid in die samelewing wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×