Hoewel presidente Cyril Ramaphosa en Wladimir Poetin Saterdag oor die foon gesels het, is daar blykbaar geen melding gemaak oor Poetin se bywoning van die Brics-beraad, wat volgende maand in Suid-Afrika gehou word nie.

Netwerk24 berig Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, het reeds verlede maand gesê ’n aankondiging hieroor kan gou verwag word.

Dit is egter steeds onduidelik hoe Suid-Afrika op die internasionale strafhof se lasbrief vir Poetin se inhegtenisneming gaan reageer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×